Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 3:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. Johannes het gesien baie van die Fariseërs en Sadduseërs kom sodat hy hulle moet doop. Hy sê toe vir hulle: “Julle is so skelm soos slange! Julle sal nie kan wegvlug wanneer God se straf kom nie.

8. Nee, julle moet wys julle het verander en dat julle nou lewe soos God wil hê. Julle moet wys julle is soos bome wat goeie vrugte dra.

9. Julle sê vir mekaar: ‘Ons is kinders van Abraham,’ en julle dink dáárom sal God julle nie straf nie. Maar Ek sê vir julle: God kan van hierdie klippe kinders vir Abraham maak.

10. God het al klaar begin om te oordeel. Dit is soos wanneer iemand met ’n byl elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, afkap en in die vuur gooi.

11. Ek doop julle met water om te wys julle wil lewe soos God wil hê. Maar later sal daar Iemand kom wat meer kan doen as ek. Ek is nie belangrik genoeg om sy sandale vir Hom te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

12. Hy sal die mense oordeel. Dit sal wees soos wanneer iemand ’n vurk neem en die koring en die kaf op sy dorsvloer van mekaar skei. Hy maak die koring bymekaar en bêre dit in sy stoorkamer, en hy verbrand die kaf. Die oordeel van God sal wees soos ’n vuur wat nie ophou brand nie.”

13. Jesus het van die provinsie Galilea gekom en Hy het na die Jordaan-rivier gegaan. Hy het na Johannes toe gegaan en gesê Johannes moet Hom doop.

14. Johannes wou dit nie doen nie. Hy het gesê: “Dit is nie reg dat ek vir Ú doop nie, U moet vir mý doop. Hoekom kom U na my toe?”

15. Maar Jesus sê vir hom: “Doen wat Ek vra en doop My. Ons moet dit doen. Ons moet alles doen wat God wil hê ons moet doen.”Toe het Johannes gedoen wat Jesus gevra het, hy het Hom gedoop.

Lees volledige hoofstuk Matteus 3