Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 13:42-51 Bybel vir Almal (ABA)

42. Die engele sal al daardie sondaars in die vuur gooi. Daar in die vuur sal hulle huil en hulle sal hard op hulle tande byt van pyn.

43. Dan sal die mense wat gehoorsaam is aan die wette van die Here, blink soos die son. Hulle sal daar wees waar hulle Vader Koning is. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê!”

44. Jesus het ook gesê: “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit soos wanneer iemand sy duur goed in die veld begrawe het. Eendag het ’n ander man die goed gekry. Hy het dit dadelik weer toegemaak. Hy was baie bly, en daarom het hy weggegaan en alles verkoop wat hy gehad het. Toe het hy daardie stuk grond gaan koop.

45. “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit ook soos wanneer ’n man duur pêrels gesoek het en dit wou koop.

46. Toe hy ’n baie duur pêrel sien, het hy alles verkoop wat hy gehad het en toe het hy die pêrel gaan koop.”

47. “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit ook soos wanneer vissermanne ’n visnet in die see gooi, en hulle vang baie soorte visse.

48. Wanneer die visnet vol visse is, dan trek die vissermanne dit uit die see tot op die sand. Dan gaan sit hulle en gooi die goeie visse bymekaar in bakke, maar hulle gooi die visse weg wat hulle nie kan eet nie.

49. Dit sal dieselfde wees wanneer die einde van die wêreld kom. Die engele sal kom en hulle sal al die slegte mense wegvat, weg van die mense wat gehoorsaam is aan die wette van die Here.

50. En die engele sal dan al die slegte mense in die vuur gooi. Daar in die vuur sal hulle huil en hard op hulle tande byt van pyn.”

51. Jesus vra toe vir sy dissipels: “Verstaan julle al hierdie dinge?”Hulle sê vir Hom: “Ja.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 13