Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 13:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daardie selfde dag het Jesus uit die huis gegaan en Hy het by die See van Galilea gaan sit.

2. Baie mense het na Hom toe gekom en hulle het by Hom kom staan. Daarom het Jesus in ’n boot geklim en Hy het daarin gaan sit. Al die mense het op die strand gestaan.

3. Jesus het vir hulle baie dinge geleer, Hy het vir hulle gelykenisse vertel. Hy het gesê: “’n Man het saad gaan saai, hy was die saaier.

4. Toe hy die saad gesaai het, het party van die saad op die voetpad in die koringland geval. Die voëls het gekom en hulle het daardie saad opgepik.

5. “Party van die saad het op vlak grond geval. Daar was klip onder die grond. Die saad het gou begin groei omdat die grond nie diep was nie.

6. Maar toe die son opkom en warm word, het die plante doodgebrand, omdat dit nie sterk wortels gehad het nie.

7. “Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het grootgeword en dit het die ander plantjies heeltemal toegegroei.

8. “Party van die saad het in vrugbare grond geval. Dit het gegroei en daar was baie koring. Een plant het 100 maal meer gegee as die saad, ’n ander plant het 60 maal meer gegee, en ’n ander plant 30 maal meer.

9. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê!”

10. Die dissipels het na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Hoekom vertel U gelykenisse wanneer U met die mense praat?”

11. Jesus het vir hulle gesê: “God het vir julle gehelp om die geheim te verstaan dat Hy wat in die hemel is, die Koning is en dat Hy regeer. Maar God het die ander mense nie gehelp om dit te verstaan nie.

12. As iemand hierdie geheim net ’n klein bietjie verstaan, dan sal God hom help om dit nog beter te verstaan. Dan sal hy dit baie goed verstaan. Maar as iemand hierdie geheim nie verstaan nie, dan sal God hom niks laat verstaan nie.

13. Ek vertel vir die mense gelykenisse, want hulle kyk, maar hulle sien niks. Hulle hoor, maar hulle verstaan nie wat hulle hoor nie.

14. Die profeet Jesaja se woorde is waar wat hy oor hulle geskryf het. Hy het geskryf:“Julle sal hoor en hoor,maar julle sal niks verstaan nie.Julle sal kyk en kyk,maar julle sal niks sien nie.

Lees volledige hoofstuk Matteus 13