Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 12:22-28 Bybel vir Almal (ABA)

22. Die mense het ’n man na Jesus toe gebring. Die man was blind en stom. Hy het ’n duiwel in hom gehad. Jesus het die man gesond gemaak, en die man kon weer praat en sien.

23. Al die mense was verbaas. Hulle het gesê: “Is Jesus miskien die Seun van Dawid, of is Hy nie?”

24. Die Fariseërs het gehoor wat die mense sê, en die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Jesus jaag duiwels uit mense, maar Beëlsebul, die leier van die duiwels, help vir Jesus om die duiwels uit te jaag.”

25. Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy het vir hulle gesê: “Wanneer die mense in ’n land nie kan saamwerk met mekaar nie, dan sal vyande die land oorwin. En wanneer die mense in ’n stad of in ’n huisgesin nie kan saamwerk met mekaar nie, dan sal hulle nie bymekaar bly nie.

26. Wat julle sê, beteken dat dit die Satan is wat die Satan uitjaag. As dit so is, dan is die Satan teen homself, en dan kan hy niks meer doen nie en hy kan oor niemand regeer nie.

27. En as Beëlsebul My help om duiwels uit te jaag uit mense, wie help dan julle leerlinge om duiwels uit mense uit te jaag? Julle eie leerlinge bewys dat julle verkeerd is.

28. Dit is die Gees van God wat My help om duiwels uit te jaag, en dit bewys dat God die Koning is wat begin regeer het oor julle.

Lees volledige hoofstuk Matteus 12