Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 12:19-30 Bybel vir Almal (ABA)

19. Hy sal nie met mense stry nieen Hy sal nie skree nie.Die mense in die stratesal Hom nie hoor praat nie.

20. Die Dienaar sal nie’n stukkende riet afbreek nie.Hy sal nie ’n lamp wat dof brand,doodblaas nie.Ja, Hy sal jammer weesvir die mense wat swaarkryen wat swak is.Hy sal dit doentotdat Ek gedoen hetwat Ek wil doen.

21. Al die volke sal seker weetdat die Dienaar hulle sal red.”

22. Die mense het ’n man na Jesus toe gebring. Die man was blind en stom. Hy het ’n duiwel in hom gehad. Jesus het die man gesond gemaak, en die man kon weer praat en sien.

23. Al die mense was verbaas. Hulle het gesê: “Is Jesus miskien die Seun van Dawid, of is Hy nie?”

24. Die Fariseërs het gehoor wat die mense sê, en die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Jesus jaag duiwels uit mense, maar Beëlsebul, die leier van die duiwels, help vir Jesus om die duiwels uit te jaag.”

25. Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy het vir hulle gesê: “Wanneer die mense in ’n land nie kan saamwerk met mekaar nie, dan sal vyande die land oorwin. En wanneer die mense in ’n stad of in ’n huisgesin nie kan saamwerk met mekaar nie, dan sal hulle nie bymekaar bly nie.

26. Wat julle sê, beteken dat dit die Satan is wat die Satan uitjaag. As dit so is, dan is die Satan teen homself, en dan kan hy niks meer doen nie en hy kan oor niemand regeer nie.

27. En as Beëlsebul My help om duiwels uit te jaag uit mense, wie help dan julle leerlinge om duiwels uit mense uit te jaag? Julle eie leerlinge bewys dat julle verkeerd is.

28. Dit is die Gees van God wat My help om duiwels uit te jaag, en dit bewys dat God die Koning is wat begin regeer het oor julle.

29. ’n Mens kan nie maklik in die huis van ’n sterk man ingaan en sy goed steel nie. Nee, jy moet eers die sterk man vasbind, dan kan jy alles in sy huis steel.

30. Iemand wat nie vir My is nie, is teen My. Iemand wat My nie help om mense na God toe te bring nie, jaag die mense weg van Hom.

Lees volledige hoofstuk Matteus 12