Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 11:12-21 Bybel vir Almal (ABA)

12. Johannes die Doper het begin preek in die woestyn. Maar van toe af tot nou toe is mense opstandig teen God, die Koning wat in die hemel is. Hulle wil self konings wees.

13. Die hele Ou Testament, al die boeke van die profete en van Moses, het gesê wat sal gebeur totdat Johannes gekom het.

14. As julle glo wat die profete gesê het, dan sal julle weet Johannes die Doper is Elia wat moes kom.

15. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê!”

16. “Wat kan Ek sê van die mense wat vandag lewe? Hulle is soos kinders wat op die oop stuk grond in die stad sit.

17. Party kinders sê:“ ‘Ons het vir julle trou-musiekop die fluit gespeel,maar julle wou nie dans nie.’“En die ander kinders sê:“ ‘Ons het vir julle’n begrafnis-lied gesing,maar julle wou nie huil nie.’

18. “So doen die mense met Johannes en met My. Hulle is nooit tevrede nie. Toe Johannes hier was, het hy nie feesgevier nie. Toe sê die mense: ‘Daar is ’n duiwel in hom.’

19. Nou het Ek, die Seun van die mens, gekom en Ek vier graag fees. Nou sê die mense: ‘Hy is ’n vraat en ’n dronklap. Hy is ’n vriend van tollenaars en van mense wat nie doen wat die Here in sy wette sê nie.’ Die dinge wat Ek en Johannes doen, wys dat ons van God kom. Mense wat in ons glo, weet regtig wat die wysheid van God is.”

20. Jesus het die meeste van sy wonderwerke gedoen in ’n paar stede. Maar die mense in hierdie stede het nie verander nie en hulle het nie begin lewe soos God wil hê mense moet lewe nie. Jesus het toe kwaai begin praat met hulle en gesê:

21. “Dit sal baie sleg gaan met die mense van die stad Gorasin! Dit sal baie sleg gaan met julle wat in Betsaida woon! Ek het baie wonderwerke by julle gedoen. As Ek dieselfde wonderwerke gedoen het in die stede Tirus en Sidon, dan sou al daardie mense hulle lewe verander het. Hulle sou rouklere gedra het en as op hulle koppe gegooi het. So sou hulle wys dat hulle verander het en wil begin lewe soos God wil hê.

Lees volledige hoofstuk Matteus 11