Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 7:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Fariseërs het by Jesus bymekaargekom. Saam met hulle was daar ook skrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het.

2. Die Fariseërs en die skrifgeleerdes het gesien party van die dissipels van Jesus het hulle kos met onrein hande geëet. Dit beteken hulle het nie hulle hande eers op ’n spesiale manier gewas nie.

3. Die Fariseërs en al die Jode het altyd eers hulle hande op ’n spesiale manier gewas voordat hulle geëet het. Hulle het dit gedoen soos hulle voorouers altyd gedoen het.

4. Wanneer hulle iets gekoop het, dan het hulle dit altyd eers op ’n spesiale manier gewas. Dan het hulle geëet. Hulle het ook nog baie ander dinge gedoen soos hulle voorouers gedoen het, hulle het hulle koppies, bekers, koperbakke, tafels en banke op ’n spesiale manier gewas.

5. Die Fariseërs en die skrifgeleerdes het vir Jesus gevra: “Hoekom lewe jou dissipels nie soos ons voorouers vir ons geleer het nie? Hulle eet met onrein hande.”

6. Jesus sê toe vir hulle: “Julle is skynheilig. Dit is waar wat die profeet Jesaja oor julle gesê het. Hy het geskryf:“God sê: Hierdie volk sêhulle respekteer My,maar dit is nie waar nie,hulle harte is ver van My.

7. Dit help niks om Godso te dien nie.Want hulle leer vir die mensewette wat hulle self gemaak het,en dan sê hulle dit isGod se wette.

8. “Julle luister nie na wat God vir julle sê nie. Maar julle hou aan om te doen wat mense sê.”

9. Jesus het ook vir hulle gesê: “Julle vergeet God se wette maklik, sodat julle kan aanhou doen wat julle voorouers altyd gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Markus 7