Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 15:38-47 Bybel vir Almal (ABA)

38. Die gordyn in die tempel het van bo tot onder geskeur. Dit was toe twee stukke.

39. Die offisier het voor Jesus gestaan. Toe hy sien dat Jesus so gesterf het, het hy gesê: “Hierdie man was regtig die Seun van God!”

40. Daar was ’n paar vroue wat ’n bietjie verder gestaan en kyk het. Maria Magdalena en Maria ma van Klein-Jakobus en Joses, en ook Salome was daar.

41. Toe Jesus in Galilea was, het die vroue altyd saam met Hom gegaan en vir Hom gesorg. Daar was ook baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem gegaan het.

42. Dit was Vrydag, die dag toe die Jode alles gereedgemaak het vir die Sabbatdag. Dit was al laat en amper aand.

43. Josef van Arimatea was ’n belangrike man in die Joodse Raad. Hy het ook gewag dat die tyd sal kom wanneer God Koning sal wees oor almal. Josef het na Pilatus toe gegaan. Hy was bang, maar hy het gevra of hy Jesus se liggaam kan kry.

44. Pilatus was verbaas toe hy hoor dat Jesus klaar dood is. Hy het die leier van die Romeinse soldate geroep en vir hom gevra of Jesus klaar dood is.

45. Nadat Pilatus gehoor het dat Jesus dood is, het Pilatus Jesus se liggaam vir Josef gegee.

46. Josef het ’n stuk lap gekoop. Hy het Jesus se liggaam van die kruis afgehaal en Hom in die lap toegedraai. Hy het die liggaam in ’n graf gesit wat hulle in ’n rots gekap het. Hy het ’n groot klip voor die graf gerol.

47. Maria Magdalena en Maria, Joses se ma, het gesien waar Josef vir Jesus begrawe het.

Lees volledige hoofstuk Markus 15