Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 15:27-42 Bybel vir Almal (ABA)

27. Die soldate het twee mense saam met Jesus gekruisig, een regs langs Hom en die ander een links langs Hom. Hulle was mense wat geveg het teen die regering.

29. Die mense wat daar verbygeloop het, wou vir Jesus verneder. Hulle het gewys dat hulle bly is oor wat met Hom gebeur het en hulle het gesê: “Ja, jy het gesê jy sal die tempel afbreek en dit weer in drie dae bou.

30. Red jouself nou en klim van die kruis af!”

31. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het ook so aangehou om vir Jesus te spot. Hulle het vir mekaar gesê: “Hy het ander mense gered, maar hy kan homself nie red nie!

32. Hy sê hy is die Christus, die Koning van Israel. Hy moet nou afklim van die kruis, sodat ons dit kan sien en kan glo!”Die twee mense wat saam met Jesus aan die kruise gehang het, het ook vir Jesus gespot.

33. Omtrent twaalfuur die middag het dit donker geword in die hele land en dit was donker tot drie-uur.

34. Omtrent drie-uur het Jesus baie hard geroep: “Eloï, Eloï, lema sabagtani?”Dit beteken “My God, my God, hoekom het U My gelos?”

35. Party van die mense wat daar naby gestaan het, het dit gehoor en gesê: “Luister, hy roep vir Elia!”

36. Iemand het gehardloop en hy het ’n spons vol suur wyn gemaak. Hy het dit op ’n dik riet gesit en vir Jesus probeer gee sodat Hy dit kon drink. Die man het gesê: “Wag, kom ons kyk of Elia kom om hom van die kruis af te haal.”

37. Jesus het hard geskree en Hy het gesterf.

38. Die gordyn in die tempel het van bo tot onder geskeur. Dit was toe twee stukke.

39. Die offisier het voor Jesus gestaan. Toe hy sien dat Jesus so gesterf het, het hy gesê: “Hierdie man was regtig die Seun van God!”

40. Daar was ’n paar vroue wat ’n bietjie verder gestaan en kyk het. Maria Magdalena en Maria ma van Klein-Jakobus en Joses, en ook Salome was daar.

41. Toe Jesus in Galilea was, het die vroue altyd saam met Hom gegaan en vir Hom gesorg. Daar was ook baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem gegaan het.

42. Dit was Vrydag, die dag toe die Jode alles gereedgemaak het vir die Sabbatdag. Dit was al laat en amper aand.

Lees volledige hoofstuk Markus 15