Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 11:22-33 Bybel vir Almal (ABA)

22. Jesus het geantwoord: “Julle moet in God glo!

23. Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand vir hierdie berg sê: ‘Tel jouself op en gooi jouself in die see,’ dan sal dit gebeur. Maar hy moenie twyfel nie. Hy moet glo dat dit sal gebeur.

24. Daarom sê Ek vir julle: Wanneer julle bid en julle vra iets, dan moet julle glo dat julle dit ontvang het, en dan sal julle dit kry.

25. En wanneer julle staan om te bid, en julle is kwaad vir iemand, dan moet julle hom vergewe. Dan sal julle Vader wat in die hemel is, ook julle sondes vergewe.”

27. Jesus en sy dissipels het weer in Jerusalem aangekom. Jesus het op die tempel-gronde rondgeloop. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes en die familieleiers het na Hom toe gekom.

28. Hulle het vir Hom gevra: “Hoekom dink jy dat jy hierdie dinge mag doen? Wie het gesê jy mag dit doen?”

29. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek sal vir julle een vraag vra. As julle My antwoord, dan sal Ek vir julle sê wie gesê het Ek mag hierdie dinge doen.

30. Johannes die Doper het mense gedoop. Wie het hom gestuur om dit te doen? Was dit God, of was dit mense? Antwoord My.”

31. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het daaroor met mekaar gepraat en gesê: “As ons sê: ‘God het hom gestuur,’ dan sal Jesus vra: ‘Hoekom het julle nie geglo wat Johannes gesê het nie?’

32. Maar ons kan ook nie sê: ‘Dit was mense wat vir Johannes gestuur het om te doop’ nie.”Die priesterleiers en die skrifgeleerdes en die familieleiers was bang vir die klomp mense, want almal het gedink dat Johannes regtig ’n profeet was.

33. Daarom het die skrifgeleerdes vir Jesus gesê: “Ons weet nie.”En Jesus het vir hulle gesê: “Dan sal Ek ook nie vir julle sê wie het vir My gesê Ek mag hierdie dinge doen nie.”

Lees volledige hoofstuk Markus 11