Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 11:19-25 Bybel vir Almal (ABA)

19. Toe dit aand geword het, het Jesus en sy dissipels weer uit die stad gegaan.

20. Jesus en sy dissipels het vroeg in die oggend by die vyeboom verbygeloop. Hulle sien toe die hele boom het doodgegaan, ook sy wortels.

21. Petrus het onthou wat Jesus vir die boom gesê het en hy het vir Jesus gesê: “Meneer, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is heeltemal dood.”

22. Jesus het geantwoord: “Julle moet in God glo!

23. Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand vir hierdie berg sê: ‘Tel jouself op en gooi jouself in die see,’ dan sal dit gebeur. Maar hy moenie twyfel nie. Hy moet glo dat dit sal gebeur.

24. Daarom sê Ek vir julle: Wanneer julle bid en julle vra iets, dan moet julle glo dat julle dit ontvang het, en dan sal julle dit kry.

25. En wanneer julle staan om te bid, en julle is kwaad vir iemand, dan moet julle hom vergewe. Dan sal julle Vader wat in die hemel is, ook julle sondes vergewe.”

Lees volledige hoofstuk Markus 11