Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 11:17-27 Bybel vir Almal (ABA)

17. Jesus het begin om vir die mense te leer en Hy het gesê in die Ou Testament is geskryf:“God het gesê: Die mense sal sêmy tempel is ’n plekwaar al die volke mag bid.Maar julle het dit verander,dit is nou ’n plekwaar diewe bymekaarkom.”

18. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het gehoor wat gebeur het. Hulle wou ’n plan maak om Jesus dood te maak. Maar hulle was bang vir Hom, want die mense het baie gehou van wat Jesus vir hulle geleer het.

19. Toe dit aand geword het, het Jesus en sy dissipels weer uit die stad gegaan.

20. Jesus en sy dissipels het vroeg in die oggend by die vyeboom verbygeloop. Hulle sien toe die hele boom het doodgegaan, ook sy wortels.

21. Petrus het onthou wat Jesus vir die boom gesê het en hy het vir Jesus gesê: “Meneer, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is heeltemal dood.”

22. Jesus het geantwoord: “Julle moet in God glo!

23. Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand vir hierdie berg sê: ‘Tel jouself op en gooi jouself in die see,’ dan sal dit gebeur. Maar hy moenie twyfel nie. Hy moet glo dat dit sal gebeur.

24. Daarom sê Ek vir julle: Wanneer julle bid en julle vra iets, dan moet julle glo dat julle dit ontvang het, en dan sal julle dit kry.

25. En wanneer julle staan om te bid, en julle is kwaad vir iemand, dan moet julle hom vergewe. Dan sal julle Vader wat in die hemel is, ook julle sondes vergewe.”

27. Jesus en sy dissipels het weer in Jerusalem aangekom. Jesus het op die tempel-gronde rondgeloop. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes en die familieleiers het na Hom toe gekom.

Lees volledige hoofstuk Markus 11