Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 4:40-44 Bybel vir Almal (ABA)

40. Toe die son ondergaan en die Sabbatdag verby was, het almal hulle siek mense na Jesus toe gebring. Jesus het sy hande op elkeen gesit en Hy het hulle gesond gemaak.

41. Daar het ook duiwels uit baie mense uitgegaan en die duiwels het geskree: “U is die Seun van God.”Die duiwels het geweet Hy is die Christus. Daarom het Jesus kwaai gepraat met hulle en gesê hulle moet stilbly.

42. Die volgende oggend het Jesus na ’n stil plek gegaan om alleen te wees. Baie mense het Hom gesoek. Toe hulle Hom kry, wou hulle nie hê Hy moet weggaan van hulle nie.

43. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek moet ook vir die mense in ander stede die goeie boodskap bring dat God Koning is. Dit is hoekom God My gestuur het.”

44. Jesus het toe aangehou om in die sinagoges in die Jode se land te preek.

Lees volledige hoofstuk Lukas 4