hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 4 Bybel vir Almal (ABA)

Die duiwel probeer om Jesus verkeerd te laat doen

1. Jesus het weggegaan van die Jordaan-rivier. Die Heilige Gees was in Jesus en die Gees het Hom na die woestyn gelei.

2. Daar het die duiwel 40 dae lank probeer om Jesus verkeerd te laat doen. Jesus het niks geëet nie, en toe die 40 dae verby was, was Hy baie honger.

3. Die duiwel het vir Jesus gesê: “As Jy die Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet brood word.”

4. Maar Jesus het vir hom gesê: “In die Ou Testament is geskryf: ‘’n Mens lewe nie net van brood nie.’ ”

5. Toe het die duiwel vir Jesus na ’n hoë plek geneem. Hy het vir Jesus vinnig al die lande in die wêreld gewys.

6. Die duiwel het vir Jesus gesê: “Ek sal vir Jou al hierdie lande en al hulle goed gee, want God het dit alles vir my gegee, en ek kan dit gee vir wie ek wil.

7. As Jy my aanbid, dan sal Jy dit alles kry.”

8. Maar Jesus het vir hom gesê: “In die Ou Testament is geskryf:“Jy moet jou God die Here aanbiden net vir Hom dien.”

9. Toe het die duiwel vir Jesus na Jerusalem geneem en hy het Jesus op die hoogste plek by die tempel laat staan. Die duiwel sê toe vir Jesus: “As Jy die Seun van God is, spring van hierdie plek af,

10. want in die Ou Testament is geskryf:“God sal vir sy engele sêhulle moet jou beskerm,”

11. en“hulle sal jou ophulle hande drasodat jy nie jou voetteen ’n klip sal stamp nie.”

12. Maar Jesus het vir die duiwel geantwoord: “God het ook in die Ou Testament gesê: ‘Jy moenie vir jou God die Here iets vra wat jy nie mag vra nie.’ ”

13. Die duiwel het opgehou probeer om Jesus verkeerd te laat doen, en hy het weggegaan van Hom. Later het hy weer gekom.

Jesus in Galilea

14. Jesus het teruggegaan na Galilea. Die Heilige Gees het Hom sterk gemaak. In Galilea het al die mense oor Jesus gepraat.

15. Jesus het vir hulle in die sinagoges geleer, en almal het gedink Hy is wonderlik.

Die mense van Nasaret jaag vir Jesus weg

16. Jesus het in Nasaret gekom, die stad waar Hy grootgeword het. Hy het altyd op die Sabbatdag na die sinagoge gegaan. Eendag het Hy in die sinagoge opgestaan om vir die mense uit die Bybel te lees.

17. Iemand het die boek van die profeet Jesaja vir Hom gegee. Jesus het die boek oopgemaak en Hy het gelees wat Jesaja geskryf het:

18. Die Gees van die Here lei my.Die Here het my gesalf en gesêek moet die goeie boodskapvir die arm mense bring.Hy het my gestuur om virdie gevangenes te sêhulle is vry, hulle kan uitgaan.Hy het my gestuur om virdie blinde mense te sêhulle sal weer kan sien.Ek moet almal vrymaakwat swaarkry.

19. Ek moet sê dit is nou die tydwanneer die Herealles sal regmaak.

20. Daarna het Jesus die boek toegemaak en Hy het dit teruggegee vir die persoon wat dit moes bêre. Jesus het gaan sit en almal in die sinagoge het na Jesus gekyk.

21. Jesus het met die mense begin praat en gesê: “Vandag het God laat gebeur wat Ek uit die Bybel gelees het.”

22. Almal het goed gepraat oor Jesus. Hulle het gedink die dinge wat Hy sê, is wonderlik. Hulle het vir mekaar gesê: “Hy is Josef se seun, en luister watter wonderlike dinge sê hy!”

23. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Moenie te gou bly word oor My nie. Julle sal later vir My wil sê: ‘As jy ’n dokter wil wees, dan moet jy eers jouself gesond maak. Ons het gehoor van al die wonderwerke wat jy in Kapernaum gedoen het. Jy moet dieselfde dinge nou ook hier doen, hier in die stad waar jy grootgeword het.’ ”

24. Jesus het ook gesê: “Maar Ek sê vir julle: Mense hou nie van ’n profeet in die stad waar sy mense woon nie.

25. Luister nou goed: In die tyd toe Elia in die land Israel gelewe het, het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie, en daar was baie min kos op die hele aarde. Daar was baie weduwees in die land Israel,

26. maar die Here het nie vir Elia na een van hulle toe gestuur nie, net na ’n weduwee in die stad Sarepta in Sidon.

27. En in die tyd toe die profeet Elisa gelewe het, was daar baie melaatse mense in die land Israel. Maar die Here het nie een van hulle gesond gemaak nie, net vir Naäman, die Siriër.”

28. Almal in die sinagoge het kwaad geword toe hulle hoor wat Jesus sê.

29. Hulle het opgestaan en vir Jesus weggejaag uit die stad. Hulle stad was op ’n berg, en hulle het Hom gevat tot by die kant van die berg. Hulle wou Hom daar afstamp.

30. Maar Jesus het tussen die mense deur geloop en weggegaan.

Die man in wie die gees van ’n onrein duiwel was

31. Jesus het toe na Kapernaum, ’n stad in Galilea, gegaan. Daar het Hy elke Sabbatdag vir die mense geleer.

32. Die mense was baie verbaas oor die dinge wat Hy vir hulle geleer het, want hulle het besef dat wat Hy gesê het, van God gekom het.

33. In die sinagoge was daar ’n man, daar was ’n onrein gees in die man. Die gees het hard geskree en gesê:

34. “Jesus van Nasaret, wat wil U met ons doen? Het U gekom om ons dood te maak? Ek weet wie U is. U is die Heilige wat van God kom.”

35. Jesus het met die gees geraas en gesê: “Bly stil en gaan uit die man uit!”Almal het gesien die duiwel gooi die man op die grond. Toe het hy uit die man gegaan, hy het die man nie seergemaak nie.

36. Al die mense was baie verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “Die woorde wat hierdie man sê, kom van God. Hy sê vir die onrein geeste om uit te gaan, en dan gaan hulle uit.”

37. Die mense het oral gepraat oor wat Jesus gedoen het.

Jesus maak Petrus se skoonma en ander siek mense gesond

38. Jesus het weggegaan van die sinagoge en Hy het na Simon se huis gegaan. Simon se skoonma was baie siek in die bed. Sy het koors gehad. Die mense het vir Jesus gevra om haar te help.

39. Jesus het by haar gaan staan en Hy het kwaai gepraat met die koors. Die koors het weggegaan, en sy het dadelik opgestaan en vir hulle kos gegee.

40. Toe die son ondergaan en die Sabbatdag verby was, het almal hulle siek mense na Jesus toe gebring. Jesus het sy hande op elkeen gesit en Hy het hulle gesond gemaak.

41. Daar het ook duiwels uit baie mense uitgegaan en die duiwels het geskree: “U is die Seun van God.”Die duiwels het geweet Hy is die Christus. Daarom het Jesus kwaai gepraat met hulle en gesê hulle moet stilbly.

Jesus gaan weg van Kapernaum

42. Die volgende oggend het Jesus na ’n stil plek gegaan om alleen te wees. Baie mense het Hom gesoek. Toe hulle Hom kry, wou hulle nie hê Hy moet weggaan van hulle nie.

43. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek moet ook vir die mense in ander stede die goeie boodskap bring dat God Koning is. Dit is hoekom God My gestuur het.”

44. Jesus het toe aangehou om in die sinagoges in die Jode se land te preek.