Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 3:6-15 Bybel vir Almal (ABA)

6. Almal sal dan sien dat Goddie mense red.

7. Baie mense het na Johannes toe gekom en gevra dat hy hulle moet doop. Maar Johannes het vir hulle gesê: “Julle is so skelm soos slange! Julle sal nie kan wegvlug wanneer God se straf kom nie.

8. Nee, julle moet wys julle het verander en julle lewe nou soos God wil hê. Julle moet wys julle is soos bome wat goeie vrugte dra. Julle sê vir mekaar: ‘Ons is kinders van Abraham,’ en daarom dink julle God sal julle nie straf nie. Julle moenie dit sê nie, dit is nie waar nie. Ek sê vir julle: God kan van hierdie klippe kinders vir Abraham maak.

9. God het al klaar begin om te oordeel. Dit is soos wanneer iemand met ’n byl elke boom afkap wat nie goeie vrugte dra nie, en dit in die vuur gooi.”

10. Die mense vra toe vir Johannes: “Wat moet ons dan doen?”

11. Johannes het vir hulle gesê: “As jy twee stukke klere het, dan moet jy een gee vir iemand wat niks klere het nie. En as jy kos het, dan moet jy kos gee vir mense wat nie kos het nie.”

12. Die tollenaars het ook gekom sodat Johannes hulle kan doop. Hulle het vir hom gevra: “Meneer, wat moet ons doen?”

13. Johannes het vir hulle gesê: “Julle moenie meer tolgeld van die mense vat as wat julle mag vat nie.”

14. Die soldate het ook vir Johannes gevra: “En óns, wat moet ons doen?”Johannes het vir hulle gesê: “Julle moenie mense seermaak of hulle dwing om vir julle geld te gee nie. Julle moet tevrede wees met die geld wat julle kry.”

15. Die mense het toe met mekaar gepraat en gevra of Johannes miskien die Christus is.

Lees volledige hoofstuk Lukas 3