Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 3:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit was in die vyftiende jaar nadat Tiberius keiser geword het. Pontius Pilatus het regeer oor Judea. Koning Herodes het regeer oor Galilea. Sy broer Filippus het regeer oor Iturea en Tragonitis. Lisanias het regeer oor Abilene.

2. Annas en Kajafas was hoëpriesters. In daardie tyd het God met Johannes gepraat. Johannes was die seun van Sagaria. Johannes het in die woestyn gewoon.

3. Hy het toe oral vir die mense naby die Jordaan-rivier gaan preek. Hy het gesê die mense moet verander en lewe soos God wil hê en hulle moet hulle laat doop. Dit sal beteken dat God hulle sondes vergewe het.

4. Johannes het gedoen soos die profeet Jesaja in sy boek geskryf het: Iemand skree in die woestyn.Hy sê: Julle moet die padgereedmaak vir die Here.Julle moet sy paaie reguit maak.

5. Elke kloof in die berg sal toegaan,en elke berg en heuwelsal plat wees.Die krom paaie sal reguit weesen die ongelyk paaiesal gelyk wees.

6. Almal sal dan sien dat Goddie mense red.

7. Baie mense het na Johannes toe gekom en gevra dat hy hulle moet doop. Maar Johannes het vir hulle gesê: “Julle is so skelm soos slange! Julle sal nie kan wegvlug wanneer God se straf kom nie.

Lees volledige hoofstuk Lukas 3