Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 22:15-26 Bybel vir Almal (ABA)

15. Jesus het vir hulle gesê: “Ek wou baie graag hierdie Paas-ete saam met julle eet voordat Ek swaarkry.

16. Ek sê vir julle Ek sal dit nooit weer eet nie totdat almal sal weet dat God Koning is en almal sal weet wat hierdie Paas-ete beteken.”

17. Toe het Jesus ’n beker wyn geneem en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Hy het vir die apostels gesê: “Neem die beker wyn en drink almal daaruit,

18. want Ek sê vir julle, Ek sal nie weer wyn drink nie totdat almal sal weet dat God Koning is.”

19. Jesus het toe brood geneem en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Hy het die brood in stukke gebreek en vir sy apostels gegee. Hy het gesê: “Dit is my liggaam wat Ek vir julle gee. Elke maal wanneer julle die brood breek en eet, dan moet julle aan My dink.”

20. Nadat hulle geëet het, het Jesus ’n beker wyn geneem. Hy het gesê: “Die wyn in hierdie beker is my bloed. My bloed wat vir julle sal vloei, is die bloed van die nuwe verbond.

21. Maar kyk, die man wat My sal verraai, eet saam met My by hierdie tafel.

22. Dit is waar dat Ek, die Seun van die mens, sal sterf soos God besluit het. Maar daardie man wat My verraai, sal baie swaar kry.”

23. Die apostels het vir mekaar gevra wie van hulle so iets sal wil doen.

24. Die apostels het toe met mekaar begin stry oor wie van hulle die belangrikste is.

25. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Die konings van die wêreld wil regeer oor hulle mense, en almal wat regeer, hou daarvan dat die mense sê hulle doen baie goeie dinge vir hulle mense.

26. Maar julle moenie so wees nie. As iemand van julle belangrik wil wees, dan moet hy wees soos die jongste van julle, die een wat al die ander moet bedien. As iemand ’n leier wil wees, dan moet hy almal bedien.

Lees volledige hoofstuk Lukas 22