Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 20:28-36 Bybel vir Almal (ABA)

28. “Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Hy het gesê: ‘Wanneer ’n man sterf en sy vrou lewe nog en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se kinders wees.’

29. Daar was sewe broers. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf maar hy het nie kinders gehad nie.

30. Die tweede broer het met die oudste broer se weduwee getrou,

31. en ná hom het die derde broer met haar getrou, en so het al sewe broers met die vrou getrou. Hulle het almal gesterf, maar hulle het nie kinders gehad nie.

32. Later het die vrou ook gesterf.

33. Nou vra ons: Wie se vrou sal hierdie vrou wees wanneer al die mense wat gesterf het, weer lewe? Want die sewe broers was almal met haar getroud.”

34. Jesus het vir hulle gesê: “In hierdie lewe trou mense met mekaar.

35. Maar wanneer God Koning is, dan sal Hy die mense wat in Hom glo en wat gesterf het, weer laat lewe. Dan sal mense nie getroud wees nie, en hulle sal nie trou nie.

36. Want hulle sal wees soos die engele wat nie sterf nie en wat by God in die hemel woon. Maar dit kan net gebeur as God hulle weer laat lewe.

Lees volledige hoofstuk Lukas 20