Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 19:36-47 Bybel vir Almal (ABA)

36. Daarna het Jesus verder gery op die donkie, en die mense het van hulle klere op die pad voor Hom oopgegooi.

37. Toe Jesus naby Jerusalem kom, op die pad wat van die Olyf-berg na onder gaan, was al die mense wat saam met Jesus geloop het, baie bly. Hulle het hard begin skree en hulle het God geprys oor al die wonderlike dinge wat hulle gesien het.

38. Hulle het geskree: Prys die Man wat kom!Hy is die Koning,die Here het Hom gestuur!Daar is vrede in die hemel,God in die hoogste hemelis Koning!

39. Party van die Fariseërs wat tussen die mense was, het vir Jesus gesê: “Meneer, jy moet vir jou dissipels sê hulle moet stilbly. Hulle mag nie hierdie dinge sê nie.”

40. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, dan sal die klippe hard skree en dit sê.”

41. Toe Jesus nader gaan en Jerusalem sien, het Hy gehuil oor die stad.

42. Hy het gesê: “Mense van Jerusalem, hoekom wil julle vandag nie verstaan wat dit is wat vir julle vrede sal bring nie. Julle wil dit nie sien nie.

43. Ek huil oor julle, want daar sal ’n tyd kom wanneer julle vyande ’n grondwal rondom die stad sal bou. Hulle soldate sal rondom julle wees en julle sal nie uit die stad kan gaan nie.

44. Julle vyande sal die stad verwoes en hulle sal julle almal doodmaak. Hulle sal alles afbreek, daar sal nie een muur bly staan nie. Hoekom? Omdat die tyd gekom het wanneer God julle wil red, maar julle verstaan dit nie.”

45. Jesus het toe na die tempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te verkoop. Jesus het hulle uitgejaag.

46. Hy het vir hulle gesê: “In die Ou Testament is geskryf: ‘God het gesê:“ ‘My tempel moet ’n plek weeswaar mense bid.’ Maar julle het dit verander,dit is nou ’n plekwaar diewe bymekaarkom.”

47. Jesus het elke dag vir die mense in die tempel geleer. Die priesterleiers, die skrifgeleerdes en die leiers van die volk het planne gemaak om Hom dood te maak,

Lees volledige hoofstuk Lukas 19