Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 13:26-34 Bybel vir Almal (ABA)

26. En dan sal julle sê: ‘Maar ons het saam met jou by die tafel gesit en geëet en gedrink, en jy het vir die mense in ons strate geleer.’

27. Maar die eienaar sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, ek weet nie van waar julle kom nie. Julle almal moet weggaan van my, julle het gedoen wat verkeerd is.’

28. By die plek waarnatoe julle gaan, sal die mense huil en hard op hulle tande byt van die pyn. Julle sal vir Abraham, Isak en Jakob en al die profete sien daar waar God Koning is, maar God sal julle uitgooi buitetoe.

29. Die mense sal van die ooste en die weste kom, en van die noorde en die suide, en hulle sal saam met God eet daar waar Hy Koning is.

30. Julle moet dit goed verstaan: Baie mense wat nou onbelangrik is, sal dan belangrik wees, en mense wat nou belangrik is, sal dan onbelangrik wees.”

31. Toe kom party van die Fariseërs by Jesus en hulle sê vir Hom: “Dit sal beter wees as U weggaan van hier, want koning Herodes wil U doodmaak.”

32. Jesus sê toe vir hulle: “Gaan sê vir daardie man hy is onbelangrik. My werk is nou om duiwels uit mense te jaag en mense gesond te maak. Ek sal my werk klaarmaak wanneer Ek wil.

33. Ek weet Ek móét later na Jerusalem gaan, want Jerusalem is die plek waar die mense nog altyd God se profete doodgemaak het.

34. Mense van Jerusalem, julle maak die profete dood, julle gooi die boodskappers van God met klippe dood. Ek wou julle baie maal bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie kom nie.

Lees volledige hoofstuk Lukas 13