Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 2:2-11 Bybel vir Almal (ABA)

2. Die mense het vir Jesus en sy dissipels ook genooi na die troue.

3. Toe die wyn op was, het Jesus se ma vir Hom gesê: “Die wyn is op.”

4. Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, hoekom sê jy dit vir My? Dit is nog nie my tyd nie.”

5. Jesus se ma sê toe vir die kelners: “Julle moet doen wat Jesus vir julle sê.”

6. Daar was ses watervate van klip. Die Jode het die water in die vate gebruik om hulle te reinig. Daar was 90 tot 100 liter water in elke klipvat.

7. Jesus het vir die kelners gesê: “Maak die vate vol water!”Hulle het die vate heeltemal volgemaak.

8. Toe sê Jesus vir hulle: “Skep nou van die water en gee dit vir die hoofkelner!”Hulle het die water vir die hoofkelner gegee.

9. Die hoofkelner het geproe dat die water wyn geword het. Hy het nie geweet van waar die wyn kom nie, maar die kelners wat die water geskep het, het geweet. Die hoofkelner het die bruidegom geroep

10. en vir hom gesê: “’n Mens moet eers die goeie wyn vir jou gaste gee. Later, wanneer die mense baie gedrink het, gee ’n mens die wyn wat nie so goed is nie. Maar jy het die beste wyn gebêre tot nou toe!”

11. Dit was die eerste wonderteken wat Jesus gedoen het. Hy het dit in die stad Kana in Galilea gedoen. So het Jesus vir die mense gewys dat Hy ook God is, en daarom het sy dissipels in Hom geglo.

Lees volledige hoofstuk Johannes 2