Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 19:17-27 Bybel vir Almal (ABA)

17. Jesus het self sy kruis gedra en Hy het uit die stad gegaan, na die Kopbeenplek. Die Hebreeuse naam van die plek is Golgota.

18. Daar het die soldate vir Jesus gekruisig. Hulle het twee ander mans saam met Hom gekruisig, een links langs Jesus en een regs langs Hom.

19. Pilatus het op ’n plank bo-aan die kruis laat skryf: “Hier hang Jesus van Nasaret, die koning van die Jode.”

20. Baie Jode het gelees wat daar geskryf was, want die plek waar die soldate vir Jesus gekruisig het, was naby die stad. Die woorde op die plank was in Hebreeus, Latyn en Grieks.

21. Die Joodse priesterleiers het toe vir Pilatus gaan sê: “Jy moenie skryf: ‘Jesus, die koning van die Jode’ nie. Jy moet skryf: ‘Jesus het gesê hy is die koning van die Jode.’ ”

22. Pilatus het vir hulle gesê: “Ek het dit geskryf en ek sal dit nie verander nie.”

23. Nadat die soldate vir Jesus gekruisig het, het hulle sy klere gevat. Hulle het sy bo-klere in vier dele gedeel, en elke soldaat het ’n deel gekry. Jesus se onderkleed was alles een stuk materiaal, dit het nie ’n naat gehad nie.

24. Die soldate het vir mekaar gesê: “Ons moenie die onderkleed stukkend skeur nie. Dit sal beter wees as ons lootjies trek om te sien wie dit moet kry.”Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is. Daar is geskryf: Hulle het my kleretussen hulle gedeel.Hulle het lootjies getrekoor my klere.Dit is wat die soldate gedoen het.

25. Jesus se ma het naby sy kruis gestaan. Haar suster was ook daar, ook Maria vrou van Klopas, en Maria Magdalena.

26. Jesus het gesien sy ma staan daar en ook die dissipel vir wie Hy lief was. Toe sê Jesus vir sy ma: “Mevrou, daardie dissipel is nou jou seun.”

27. En Hy sê vir daardie dissipel: “Daardie vrou is nou jou ma.”Van toe af het daardie dissipel vir Jesus se ma by hom laat woon.

Lees volledige hoofstuk Johannes 19