Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 14:6-18 Bybel vir Almal (ABA)

6. Jesus sê toe vir Tomas: “Ek is die pad, Ek is die waarheid, Ek is die lewe. Niemand kan by die Vader kom as hy nie in My glo nie.

7. Julle ken My, daarom sal julle ook my Vader ken. Ja, julle ken Hom nou. Julle het Hom gesien.”

8. Filippus het vir Jesus gesê: “Here, U moet asseblief vir ons die Vader wys. Dan sal ons tevrede wees.”

9. Jesus het vir hom gesê: “Filippus, Ek was ’n lang tyd saam met julle. Ken jy My nie? Jy moet onthou: Wanneer iemand My gesien het, dan het hy die Vader gesien. Hoekom vra jy Ek moet vir julle die Vader wys?

10. Glo jy nie Ek is by die Vader en die Vader is by My nie? Die woorde wat Ek sê, kom nie van Myself nie. Dit kom van die Vader wat by My is. Ja, Hy is besig om sy werk te doen.

11. Julle moet My glo wanneer Ek sê Ek is by die Vader en die Vader is by My. As julle nie wil glo wat Ek sê nie, dan moet julle glo omdat julle gesien het wat Ek doen.

12. Ek sê vir julle, en dit is seker: Mense wat in My glo, sal dieselfde dinge doen wat Ek gedoen het. Ja, hulle sal meer doen, want Ek gaan nou na die Vader toe.

13. Wanneer julle vir My iets vra omdat julle aan My behoort, dan sal Ek dit doen. So sal Ek, die Seun, wys dat die Vader God is.

14. Ja, as julle vir My iets vra omdat julle aan My behoort, dan sal Ek dit vir julle doen.”

15. Jesus het ook vir die dissipels gesê: “As julle lief is vir My, dan sal julle doen wat Ek vir julle sê.

16. Ek sal vir die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Helper gee. Die Helper is die Heilige Gees. Die Gees sal altyd by julle bly.

17. Hy is die Gees wat vir julle sal wys wat die waarheid is. Die mense wat aan die wêreld behoort, kan die Gees nie ontvang nie, want hulle sien Hom nie en hulle ken Hom nie. Maar julle ken die Heilige Gees, want Hy bly by julle en Hy is in julle.

18. Ek los julle nie alleen soos kinders wat nie ’n pa en ma het nie. Ek kom weer terug na julle toe.

Lees volledige hoofstuk Johannes 14