Ou Testament

Nuwe Testament

Jakobus 1:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek, Jakobus, is ’n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Ek skryf hierdie brief vir die twaalf stamme van Israel wat oral in die hele wêreld woon. Ek groet julle!

2-3. My vriende, daar gebeur partymaal met julle verskillende soorte slegte dinge wat vir julle toets. Die dinge wil vir julle laat ophou om God te dien. Julle moet baie bly wees wanneer dit gebeur, want julle weet dat wanneer hierdie dinge julle geloof so toets, dan help dit julle om aan te hou glo.

4. Julle moet so aanhou glo dat julle geloof heeltemal sal wees soos dit moet wees. Julle moet so aanhou glo dat julle alles sal doen wat God wil hê, dan sal julle heeltemal wees soos God wil hê julle moet wees.

5. As daar by julle iemand is wat nie wysheid het nie, dan moet hy vir God vra om vir hom wysheid te gee, en God sal dit gee. Want God gee baie graag, Hy praat nie kwaai met mense wat tot Hom bid nie.

6. Wanneer mense bid, dan moet hulle glo dat God sal gee wat hulle vra, hulle moenie twyfel nie. Want ’n mens wat twyfel, is soos die see se branders, die wind waai die branders heen en weer.

Lees volledige hoofstuk Jakobus 1