Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 8:3-8 Bybel vir Almal (ABA)

3. Want God kies elke hoëpriester om presente en offers te bring. Daarom moes ook hierdie Hoëpriester, Jesus, iets hê om te offer.

4. Hierdie Hoëpriester in die hemel sou nie ’n priester kon wees as Hy op die aarde was nie, want hier op die aarde is daar priesters wat die presente offer soos die Wette van Moses sê.

5. Hulle doen die werk van priesters by ’n tempel, en die tempel lyk soos die tempel in die hemel. Toe Moses gereed was om die tempel-tent te bou, het God vir hom gesê wat hy moet doen. God het gesê: “Kyk goed, jy moet alles maak presies soos Ek vir jou op die berg gewys het.”

6. Maar nou het God hierdie Hoëpriester, Jesus, gekies en aangestel om die werk van ’n priester te doen, en sy werk is baie belangriker as die werk van die priesters op die aarde. Dit is so omdat Jesus ook die Middelaar van ’n beter verbond is. God het die nuwe verbond vir sy volk gegee toe Hy beter dinge vir hulle belowe het.

7. Daar moes ’n tweede verbond kom, want die eerste verbond het nie alles gedoen wat dit moes doen nie.

8. Want God was ontevrede met sy volk, Hy het gesê: Daar sal ’n tyd kom, sê die Here,wanneer Ek ’n nuwe verbondsal maakmet die mense van Israelen die mense van Juda.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 8