Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 8:6 Bybel vir Almal (ABA)

Maar nou het God hierdie Hoëpriester, Jesus, gekies en aangestel om die werk van ’n priester te doen, en sy werk is baie belangriker as die werk van die priesters op die aarde. Dit is so omdat Jesus ook die Middelaar van ’n beter verbond is. God het die nuwe verbond vir sy volk gegee toe Hy beter dinge vir hulle belowe het.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 8

Kyk Hebreërs 8:6 in konteks