Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 4:9-16 Bybel vir Almal (ABA)

9. Daarom sal die volk van God nog kom in die land waar hulle veilig kan woon en kan rus, soos hulle op die Sabbatdag rus.

10. Want wanneer God iemand laat rus, dan werk die persoon nie meer nie, soos God gerus het toe Hy klaar gewerk het.

11. Daarom moet ons hard probeer om daardie rus by God te kry, sodat niemand van ons so ongehoorsaam sal wees soos Israel was nie.

12. Want die boodskap van God is nie woorde wat dood is en niks beteken nie, dit kan werk en dinge doen. Dit is skerper as die skerpste swaard, dit kan diep oopsny, tot by ’n mens se lewe en gees, tot by sy murg en die bene in sy liggaam. Dit kan sien wat is reg en wat is verkeerd wanneer ’n mens dink en graag dinge wil doen.

13. En God kan almal en alles sien, niemand kan iets wegsteek vir Hom nie, Hy sien alles presies soos dit is. Ons moet vir God alles verduidelik wat ons gedoen het.

14. Jesus wat die Seun van God is, het gegaan tot by God in die hoogste hemel, en Jesus is nou ons groot Hoëpriester. Daarom moet ons aanhou om die dinge te glo wat ons weet is waar.

15. Want ons het ’n Hoëpriester wat presies weet hoe dit voel om so swak te wees soos ons. Die duiwel het op baie maniere hard probeer om vir Jesus te verlei, soos hy ook vir ons probeer verlei. Maar Jesus het nie sonde gedoen nie.

16. Daarom moet ons nie bang wees om tot God te bid nie, God wat op sy troon sit, God wat genadig is. Ons moet na Hom toe gaan sodat Hy jammer kan wees vir ons en genadig kan wees vir ons, en sodat Hy vir ons kan help wanneer ons Hom nodig het.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 4