Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 2:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. U laat hom regeer oor alleswat U gemaak het.Toe God gesê het dat die mense kan regeer oor alles wat Hy gemaak het, het God niks gelos waaroor die mense nie kon regeer nie. Maar ons sien nog nie dat die mense oor alles regeer nie.

9. Nee, ons sien vir Jesus, en God het Hom vir ’n kort tydjie minder belangrik gemaak as die engele. Maar Jesus het baie swaar gekry en Hy het gesterf, daarom het God vir Hom eer gegee en God het Hom belangrik gemaak. Jesus het gesterf sodat elke mens kan lewe omdat God baie goed is vir mense.

10. God het alles gemaak, en alles is daar om Hom te eer, Hy wou baie mense na Hom, die Koning, bring. Daarom moes Hy vir Jesus baie swaar laat kry en Hy moes vir Jesus laat sterf. Jesus moes sy werk heeltemal klaar doen en Hy moes die Leier word wat mense red.

11. Ja, Jesus wy mense om aan Hom te behoort, en die mense wat Hy wy, het almal dieselfde Vader. Daarom is Jesus nie skaam om hulle broer te wees nie.

12. Want Jesus sê: Ek sal vir my vriendevertel wat U gedoen het,Ek sal U prys daar waar hullebymekaar is.

13. En Jesus sê ook: Ek sal aanhou om op Homte vertrou,en Hier is Ek en die kinderswat God vir My gegee het.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 2