Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 2:7-17 Bybel vir Almal (ABA)

7. U het die mens vir ’n kort tydjieminder belangrik gemaakas engele,maar U het vir die mens eer gegee en U het hombelangrik gemaak.

8. U laat hom regeer oor alleswat U gemaak het.Toe God gesê het dat die mense kan regeer oor alles wat Hy gemaak het, het God niks gelos waaroor die mense nie kon regeer nie. Maar ons sien nog nie dat die mense oor alles regeer nie.

9. Nee, ons sien vir Jesus, en God het Hom vir ’n kort tydjie minder belangrik gemaak as die engele. Maar Jesus het baie swaar gekry en Hy het gesterf, daarom het God vir Hom eer gegee en God het Hom belangrik gemaak. Jesus het gesterf sodat elke mens kan lewe omdat God baie goed is vir mense.

10. God het alles gemaak, en alles is daar om Hom te eer, Hy wou baie mense na Hom, die Koning, bring. Daarom moes Hy vir Jesus baie swaar laat kry en Hy moes vir Jesus laat sterf. Jesus moes sy werk heeltemal klaar doen en Hy moes die Leier word wat mense red.

11. Ja, Jesus wy mense om aan Hom te behoort, en die mense wat Hy wy, het almal dieselfde Vader. Daarom is Jesus nie skaam om hulle broer te wees nie.

12. Want Jesus sê: Ek sal vir my vriendevertel wat U gedoen het,Ek sal U prys daar waar hullebymekaar is.

13. En Jesus sê ook: Ek sal aanhou om op Homte vertrou,en Hier is Ek en die kinderswat God vir My gegee het.

14. Hierdie kinders was regte mense, en daarom het Jesus ook ’n regte mens geword, soos hulle. Jesus was ’n mens sodat Hy kon sterf en so kon Hy die krag heeltemal wegvat van die een wat sterker is as die dood, dit is die duiwel.

15. Jesus het ’n mens geword sodat Hy al die mense vry kon maak wat hulle hele lewe lank soos slawe was omdat hulle bang was om te sterf.

16. Want dit is seker: Jesus is nie bekommerd oor die engele nie, Hy is bekommerd oor die nageslag van Abraham.

17. Daarom moes Hy in alles word soos sy broers, sodat Hy goed kan wees vir hulle en ’n Hoëpriester kan wees wat sy werk goed doen. Sy werk is om te doen wat God wil hê en om die sondes van die volk te versoen.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 2