Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 10:25-39 Bybel vir Almal (ABA)

25. Ons moet hierdie dinge doen en ons moenie wegbly wanneer die gelowiges bymekaarkom nie, party mense bly baie maal weg. Nee, ons moet praat met mekaar en ons moet mekaar bemoedig. Julle kan sien dat die dag van die Here nader kom, daarom is dit baie belangriker dat ons hierdie dinge moet doen.

26. Want as ons sonde doen en ons weet dat ons sonde doen, maar ons doen dit nadat ons geleer het en weet wat die waarheid is, dan sal ’n sonde-offer nie meer help om ons sondes te vergewe nie.

27. Nee, dan moet ons bang wees omdat ons weet dat God ons sal oordeel, sy straf sal wees soos ’n baie warm vuur wat almal verbrand wat teen God is.

28. Wanneer twee of drie getuies sê dat iemand ongehoorsaam was aan die Wette van Moses, dan moet daardie persoon sterf.

29. As dit so is, wat dink julle sal gebeur met die persoon wat dink dat die Seun van God nie belangrik is nie? Of wat dink julle sal gebeur met die persoon wat dink dat die bloed onrein is, die bloed wat wys dat God ’n verbond met julle gemaak het? Dit is hierdie bloed, die bloed van die Seun, waarmee God die persoon gewy het wat so dink. En wat dink julle sal gebeur met iemand wat slegte dinge gesê het van die Heilige Gees wat goeie dinge vir ons gee? God sal so iemand baie swaarder straf as iemand wat nie geluister het na die Wette van Moses nie.

30. Want ons weet wie hierdie woorde gesê het: Dit is Ék wat mense sal strafoor wat hulle verkeerd gedoen het.Hy het ook gesê: Die Here sal sy volk oordeel.

31. Almal moet bang wees wanneer God oordeel, die God wat lewe.

32. Maar julle moet onthou dat julle baie swaar gekry het in daardie tyd toe julle gelowiges geword het, maar julle het aangehou om in Christus te glo.

33. Party maal het mense slegte dinge gesê van julle en hulle het vir julle gespot en vir julle laat swaarkry, maar ander dae het julle swaargekry omdat julle vriende was met mense wat ook so swaar gekry het.

34. Want julle was ook jammer vir die gevangenes. En toe mense julle goed gevat het, het julle dit aanvaar en julle het nie opgehou om bly te wees nie. Julle het dit gedoen omdat julle geweet het dat God vir julle iets gegee het wat beter is, en julle sal dit altyd hê.

35. Daarom moet julle aanhou om in Christus te glo en julle moenie bang wees nie. As julle aanhou glo, dan gee God vir julle ’n groot beloning.

36. Daarom moet julle aanhou om te glo, en julle moet doen wat God wil hê sodat julle die dinge kan kry wat Hy vir julle belowe het.

37. Want: Dit sal nog net ’n baie korttydjie wees,dan sal die Man komwat moet kom,Hy sal nie lank wegbly nie.

38. Hy wat gehoorsaam is aan Myen wat reg lewe,sal aanhou lewe omdat hyMy vertrou.Maar as hy ophou om te glo,dan is Ek nie tevredemet hom nie.

39. Maar ons is nie mense wat ophou glo nie, en daarom sal ons nie verlore gaan nie. Nee, ons is mense wat in Christus glo en daarom sal ons die ewige lewe kry.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 10