hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Want die Wette van Moses is soos ’n skaduwee van die goeie dinge wat sal kom. Die wette is minder belangrik. Die wette het nie gewys dat hulle die goeie dinge self is nie. Die priesters bring elke jaar dieselfde offers, hulle hou nie op om dit te doen nie, maar hierdie offers kan nooit die mense heeltemal reinig wat na God toe kom om Hom te dien nie.

2. As mense vir God offers bring en die offers reinig die mense net een maal, vir altyd, dan sal hulle weet dat daar nie meer sondes in hulle lewe is nie. En dan sal hulle ophou om offers vir God te bring.

3. Maar nou laat die offers ons onthou dat ons sondes gedoen het, die offers wat die priesters elke jaar bring,

4. want die bloed van bulle en bokke kan glad nie sondes wegneem nie.

5. Daarom, toe Christus in die wêreld gekom het, het Hy gesê: U wou nie ’n offer en ’n presenthê nie,U het my liggaam gemaaken U wil my liggaam hê.

6. U het nie gevra dat ons brand-offers en sonde-offersmoet bring nie.

7. Toe het Ek gesê: “Kyk,Ek het gekom om te doenwat U wil hê, o God.Dit is oor My geskryf in die boekwaarin u wette is.”

8. Christus het eers gesê:U het nie offers en presente enbrand-offers en sonde-offersgevra nie,en U wou nie al hierdie offershê nie.Dit is die wette wat sê dat ons die offers moet bring.

9. Daarna het Christus gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê.”So stop Christus die eerste soort offer en Hy bring die tweede soort offer in daardie offers se plek.

10. Daarom weet ons dat Jesus Christus gedoen het wat God wil hê. Jesus Christus het Homself net een maal, vir altyd, ge-offer. Daarom is ons aan God gewy.

11. En elke priester doen elke dag sy werk en hy bring elke maal dieselfde offers. Daardie offers kan nooit die sondes wegneem nie.

12. Maar nadat Jesus Christus net één offer vir die sondes gebring het, het Hy vir altyd gaan sit op die belangrikste plek langs God,

13. en in die tyd wat oorbly, wag Christus daar totdat God die vyande van Christus voor Hom sal laat buig en Christus sy voete op hulle sal sit.

14. Want omdat Hy één offer gebring het vir almal, het Hy die mense wat aan God gewy is, heeltemal gereinig.

15. Die Heilige Gees sê ook vir ons dat dit waar is:

16. Die verbond wat Ek latermet die Israeliete sal maak,sal só wees, sê die Here:Ek sal my wetteop hulle harte skryfen Ek sal dit binne-in hulle gee.

17. Nadat die Heilige Gees hierdie dinge gesê het, het Hy ook gesê: Want Ek sal nie meer dinkaan hulle sondesen aan die dinge wat hulleverkeerd gedoen het nie.

18. Wanneer God mense se sondes vergewe, dan moet priesters nie meer sonde-offers bring nie, dit is dan nie nodig nie.

Ons moenie bang wees om na God te gaan nie

19. Daarom, vriende, omdat Jesus vir ons gesterf het, mag ons na God toe gaan in die gewyde tempel.

20. Jesus het vir ons ’n nuwe pad oopgemaak na God toe, dit is ’n pad wat vir ons bring na die ware lewe by God omdat Jesus deur die gordyn ingegaan het in die hoog-gewyde kamer. Hy het dit gedoen toe Hy self gesterf het.

21. En Jesus is nou ons Groot Hoëpriester, Hy sorg vir almal wat aan God behoort.

22. Daarom moet ons aanhou om na God toe te gaan, ons moet net vir Hom dien en ons moet baie seker wees dat die dinge wat ons glo, waar is. Ons het voorheen nie geweet wat is reg en wat is verkeerd nie, maar Jesus het ons rein gemaak soos wanneer die priesters die bloed van bokke en bulle gespat het op onrein mense, en daarna was hulle rein. Daarom is ons ook nou soos mense wat ons liggame met skoon water gewas het.

23. Daarom moet ons aanhou om die dinge te glo en te sê wat ons hoop, ons moenie daaroor twyfel nie. Ons kan baie seker wees daarvan omdat God dit belowe het, en Hy sal doen wat Hy belowe het.

24. Ons moet ook so vir mekaar sorg dat dit vir mense sal help om lief te wees vir ander mense en om goeie dinge vir hulle te doen.

25. Ons moet hierdie dinge doen en ons moenie wegbly wanneer die gelowiges bymekaarkom nie, party mense bly baie maal weg. Nee, ons moet praat met mekaar en ons moet mekaar bemoedig. Julle kan sien dat die dag van die Here nader kom, daarom is dit baie belangriker dat ons hierdie dinge moet doen.

26. Want as ons sonde doen en ons weet dat ons sonde doen, maar ons doen dit nadat ons geleer het en weet wat die waarheid is, dan sal ’n sonde-offer nie meer help om ons sondes te vergewe nie.

27. Nee, dan moet ons bang wees omdat ons weet dat God ons sal oordeel, sy straf sal wees soos ’n baie warm vuur wat almal verbrand wat teen God is.

28. Wanneer twee of drie getuies sê dat iemand ongehoorsaam was aan die Wette van Moses, dan moet daardie persoon sterf.

29. As dit so is, wat dink julle sal gebeur met die persoon wat dink dat die Seun van God nie belangrik is nie? Of wat dink julle sal gebeur met die persoon wat dink dat die bloed onrein is, die bloed wat wys dat God ’n verbond met julle gemaak het? Dit is hierdie bloed, die bloed van die Seun, waarmee God die persoon gewy het wat so dink. En wat dink julle sal gebeur met iemand wat slegte dinge gesê het van die Heilige Gees wat goeie dinge vir ons gee? God sal so iemand baie swaarder straf as iemand wat nie geluister het na die Wette van Moses nie.

30. Want ons weet wie hierdie woorde gesê het: Dit is Ék wat mense sal strafoor wat hulle verkeerd gedoen het.Hy het ook gesê: Die Here sal sy volk oordeel.

31. Almal moet bang wees wanneer God oordeel, die God wat lewe.

Julle moet aanhou om te glo

32. Maar julle moet onthou dat julle baie swaar gekry het in daardie tyd toe julle gelowiges geword het, maar julle het aangehou om in Christus te glo.

33. Party maal het mense slegte dinge gesê van julle en hulle het vir julle gespot en vir julle laat swaarkry, maar ander dae het julle swaargekry omdat julle vriende was met mense wat ook so swaar gekry het.

34. Want julle was ook jammer vir die gevangenes. En toe mense julle goed gevat het, het julle dit aanvaar en julle het nie opgehou om bly te wees nie. Julle het dit gedoen omdat julle geweet het dat God vir julle iets gegee het wat beter is, en julle sal dit altyd hê.

35. Daarom moet julle aanhou om in Christus te glo en julle moenie bang wees nie. As julle aanhou glo, dan gee God vir julle ’n groot beloning.

36. Daarom moet julle aanhou om te glo, en julle moet doen wat God wil hê sodat julle die dinge kan kry wat Hy vir julle belowe het.

37. Want: Dit sal nog net ’n baie korttydjie wees,dan sal die Man komwat moet kom,Hy sal nie lank wegbly nie.

38. Hy wat gehoorsaam is aan Myen wat reg lewe,sal aanhou lewe omdat hyMy vertrou.Maar as hy ophou om te glo,dan is Ek nie tevredemet hom nie.

39. Maar ons is nie mense wat ophou glo nie, en daarom sal ons nie verlore gaan nie. Nee, ons is mense wat in Christus glo en daarom sal ons die ewige lewe kry.