Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:36-41 Bybel vir Almal (ABA)

36. Dit was Móses wat die Israeliete uitgelei het uit Egipte. Hy het 40 jaar lank wonderwerke en tekens gedoen in die land Egipte en in die woestyn.

37. Dit was hý, Móses wat vir die Israeliete gesê het: ‘God sal ’n profeet vir julle stuur. Hierdie profeet sal een van julle eie mense wees. Hy sal ’n profeet wees, soos ek.’

38. Dit is hý, Móses, wat by ons voorvaders was in die woestyn. Hy het met hulle gepraat wanneer hulle bymekaargekom het. Moses was ook op Sinai-berg by die engel. Daar het die engel met Moses gepraat, en daar het Moses die boodskap gekry wat vir ons die ware lewe gee.

39. Maar ons voorvaders wou nie luister na Moses nie. Hulle wou nie hoor wat hy sê nie, en hulle het verlang na Egipte.

40. Hulle het vir Aäron gesê: ‘Maak vir ons gode wat vir ons verder kan lei. Want ons weet nie wat met Moses gebeur het nie, Moses wat ons uitgelei het uit Egipte.’

41. Toe het hulle ’n beeld van ’n kalf gemaak, en hulle het offers gebring vir die afgod. Hulle was baie bly oor die beeld wat hulle met hulle hande gemaak het en hulle het feesgevier.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7