Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die hoëpriester vra toe vir Stefanus: “Is dit waar wat hierdie mense sê?”

2. En Stefanus sê: “My vriende, julle moet goed luister. God wat koning is, het verskyn aan ons voorvader Abraham toe hy in Mesopotamië gewoon het. Dit was voordat Abraham in Haran gewoon het.

3. God het vir Abraham gesê: ‘Jy moet weggaan uit jou land en van jou familie, en dan moet jy gaan na die land wat Ek vir jou sal wys.’

4. Toe het Abraham weggegaan uit die land van die Galdeërs en hy het gaan woon in die land Haran. Toe Abraham se pa sterf, het God vir Abraham laat wegtrek van die land Haran tot by hierdie land waar julle nou woon.

5. God het nie vir Abraham grond gegee in die land nie, glad nie, nie ’n klein stukkie grond nie. In daardie tyd het Abraham nog nie ’n kind gehad nie. Maar God het belowe dat Hy later die land vir Abraham en sy kinders ná hom sal gee.

6. God het gesê: ‘Abraham se nageslag sal vreemdelinge wees in ’n vreemde land. Die mense van daardie land sal Abraham se nageslag slawe laat word, en die mense sal slegte dinge doen aan hulle, 400 jaar lank.

7. Maar Ek sal die mense straf wat Abraham se nageslag slawe laat word het.’ God het ook gesê: ‘En nadat dit gebeur het, sal Abraham se nageslag wegtrek en hulle sal My dien in hierdie land.’

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7