Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 25:3-11 Bybel vir Almal (ABA)

3. dat hy iets goed moet doen vir hulle. Hulle het gevra dat Festus vir Paulus moet laat haal in Sesarea en dat hy vir Paulus na Jerusalem moet bring. Maar die priesterleiers en die Jode het ’n geheime plan gemaak, hulle wou mense stuur wat langs die pad moet wegkruip en wat dan vir Paulus moet doodmaak.

4. Maar Festus het gesê dat Paulus in Sesarea in die tronk moet bly. Festus het ook gesê dat hy gou na Sesarea sal teruggaan.

5. Hy het gesê: “Dan kan julle leiers saam met my na Sesarea gaan, en as Paulus iets verkeerd gedoen het, dan kan julle hom beskuldig.”

6. Festus het nog omtrent ag of tien dae in Jerusalem gebly en toe het hy teruggegaan na Sesarea. Die volgende dag het hy op die regterstoel gaan sit en vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus gaan haal.

7. Die soldate het vir Paulus gebring en toe het die Jode wat van Jerusalem gekom het, rondom hom gaan staan. Hulle het vir Paulus beskuldig en hulle het baie slegte dinge teen hom gesê, maar hulle kon dit nie bewys nie.

8. En Paulus het gesê dat hy onskuldig is. Hy het gesê: “Ek het niks gedoen teen die wette van die Jode nie, ook nie teen die tempel in Jerusalem nie, en ook nie teen die keiser nie.”

9. Maar Festus wou iets goed doen vir die Jode en hy het vir Paulus gevra: “Wil jy na Jerusalem gaan sodat ek jou daar kan oordeel oor hierdie sake?”

10. Maar Paulus het geantwoord: “Nee, ek wil voor die regterstoel van die keiser in Rome gaan staan, die keiser moet my oordeel. Ek het niks verkeerd gedoen aan die Jode nie. Jy weet dit baie goed.

11. As ek iets verkeerd gedoen het sodat ek moet sterf, dan moet die keiser my straf en hy moet my laat doodmaak. Maar as die Jode my beskuldig het en ek is onskuldig, dan mag niemand my vir die Jode gee sodat hulle met my kan doen wat hulle wil nie. Nee, ek wil voor die regterstoel van die keiser gaan staan, die keiser moet my oordeel!”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 25