Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:34-40 Bybel vir Almal (ABA)

34. Party Jode het iets geskree en party Jode het iets anders geskree. Hulle het so baie geraas dat die hoof-offisier nie kon uitvind wat regtig gebeur het nie. Daarom het hy vir sy soldate gesê hulle moet vir Paulus neem na die plek waar die soldate woon.

35. Hulle het gekom tot by die trappe. Die mense was baie kwaad vir Paulus en hulle het so baie aan hom gestamp dat die soldate vir Paulus moes dra.

36. Die mense wat saamgegaan het, het die hele tyd geskree en gesê: “Maak hom dood!”

37. Die Romeinse soldate het vir Paulus na die soldate-kamp geneem. Toe hulle daar aankom, vra Paulus vir die hoof-offisier: “Mag ek iets sê?”Die hoof-offisier het gesê: “Ek hoor jy kan Grieks praat.

38. Ek weet nou jy is nie die Egiptenaar wat ’n tyd gelede ’n klomp mense opstandig gemaak het en toe 4 000 manne na die woestyn geneem het nie, die manne wat teen die Romeine wou veg.”

39. Paulus het vir hom gesê: “Nee, ek is ’n Jood. Ek kom van die stad Tarsus in die provinsie Silisië. Ek woon in Tarsus, dit is ’n belangrike stad! Ek vra mooi vir jou: Mag ek asseblief met die mense praat?”

40. Die hoof-offisier het gesê Paulus mag met die mense praat. Toe het Paulus op die trappe gaan staan en hy het met sy hand vir die mense gewys hulle moet stilbly. Dit het baie stil geword en Paulus het in Hebreeus met hulle gepraat.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21