Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 20:23-36 Bybel vir Almal (ABA)

23. Maar ek weet die Heilige Gees sê in elke stad vir my dat mense my in die tronk sal gooi en dat hulle my baie swaar sal laat kry.

24. Maar ek is nie bekommerd oor my eie lewe nie, ek is niks bekommerd nie. Ek wil net een ding doen, ek wil my werk klaarmaak. Dit is die werk wat die Here Jesus vir my gegee het om te doen. Ja, ek moet vir mense die goeie boodskap bring dat God genadig is.

25. “Ek was by julle en ek het vir julle gepreek en gesê dat God Koning is. Maar nou weet ek dat niemand van julle my weer sal sien nie.

26. Daarom sê ek nou vir julle, en dit is waar: Dit is nie my skuld as een van julle verlore gaan nie,

27. want ek was nie bang nie, ek het vir julle alles van God se plan vertel.

28. Julle moet seker maak dat julle lewe soos God wil hê. Julle moet ook seker maak dat al die gelowiges lewe soos God wil hê. Die Heilige Gees het gesê julle moet ouderlinge wees van daardie gelowiges. Julle moet hulle oppas soos ’n herder ’n trop skape oppas. Hulle is God se kerk. Sy Seun het gesterf, en so het God hulle gekoop.

29. Ek weet dat daar vals leermeesters na julle toe sal kom wanneer ek weg is. Hulle sal wees soos wrede wolwe wat ’n trop skape doodmaak.

30. Ja, party van julle sal self begin om verkeerde dinge te sê, en hulle sal probeer om die gelowiges die verkeerde dinge te laat glo wat húlle glo.

31. Daarom moet julle versigtig wees. Julle moet onthou dat ek drie jaar lank baie swaar gekry het en dat ek elke dag en elke nag vir julle almal geleer het om reg te lewe, ek het nooit opgehou om dit te doen nie.

32. “En nou bid ek en ek vra vir God dat Hy vir julle moet sorg en dat julle altyd die boodskap sal onthou dat God genadig is. Daardie boodskap kan julle geloof sterk maak en dit kan julle help om te weet dat God vir julle die dinge sal gee wat Hy belowe het om vir al die gelowiges te gee.

33. “Ek wou nooit iemand anders se silwer of goud of klere hê nie.

34. Julle weet self dat ek met my eie hande gewerk het om vir myself te sorg en ook vir die mense wat saam met my was.

35. Ek het dit alles gedoen, want ek wou vir julle wys dat ons so moet werk om vir die mense te help wat swak is. Ons moet ook onthou wat die Here Jesus self gesê het. Hy het gesê: ‘As ’n mens vir ander mense iets gee, dan is jy baie méér gelukkig as wanneer hulle vir jóú iets gee.’ ”

36. Nadat Paulus klaar gepraat het, het hy saam met al die ouderlinge gekniel en gebid.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 20