Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 19:10-19 Bybel vir Almal (ABA)

10. Paulus het dit twee jaar lank gedoen. So het al die mense wat in die provinsie Asië woon, al die Jode en die Grieke, die boodskap oor die Here gehoor.

11. God het vir Paulus wonderwerke laat doen, en die mense was verbaas daaroor.

12. Daarom het party mense lappe en klere wat Paulus gedra het, op siek mense gesit. Dan het die mense gesond geword en die bose geeste het uit hulle uitgegaan.

13. Daar was ook Jode wat na verskillende stede gegaan het om bose geeste uit mense te jaag. Wanneer hulle dit probeer doen het, dan het hulle die Here Jesus se Naam gesê. Hulle het gesê: “Julle moet uitgaan uit hierdie persoon, ons sê dit vir julle. Jesus het gesê ons mag dit sê. Dit is dieselfde Jesus oor wie Paulus preek.”

14. Daar was ’n Joodse priesterleier, Skeva. Hy het sewe seuns gehad. Hulle het ook só probeer om die bose geeste uit mense te jaag.

15. Maar die bose gees het hulle geantwoord en gesê: “Jesus, ja ek ken Hom, en ek weet van Paulus, maar júlle, ek ken julle nie.”

16. En die man wat die bose gees in hom gehad het, spring toe op hulle. Hy het hulle almal aangeval en hy het hulle baie geslaan. Hulle het uit daardie huis gevlug en hulle was kaal en vol seerplekke.

17. Al die Jode en die Grieke wat in die stad Efese gewoon het, het gehoor wat gebeur het. Toe het hulle almal bang geword, en hulle het die Naam van die Here Jesus geprys.

18. Baie van die mense het gelowiges geword. Hulle het gekom en hulle het bely dat hulle verkeerde dinge gedoen het. Hulle het vir almal vertel wat hulle alles gedoen het.

19. Baie van die mense wat voorheen getoor het, het hulle boekrolle gebring en hulle het dit verbrand waar al die mense dit kon sien. Die mense het getel hoeveel al die boeke gekos het, en dit was 50 000 silwer geldstukke.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 19