Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:30-39 Bybel vir Almal (ABA)

30. Nadat die mense in Jerusalem vir Judas, Silas, Barnabas en Paulus laat gaan het, het hulle na die stad Antiogië in die provinsie Sirië gegaan. Daar het hulle al die gelowiges geroep om bymekaar te kom en hulle het die brief vir hulle gegee.

31. Toe die gelowiges die brief gelees het, was hulle baie bly oor die boodskap, dit het vir hulle bemoedig.

32. Judas en Silas was self ook profete en hulle het lank met die gelowiges gepraat om hulle te bemoedig en om hulle geloof sterker te maak.

33. Nadat Judas en Silas ’n tyd lank daar gebly het, het die gelowiges hulle laat gaan, en hulle het groete gestuur vir die mense in Jerusalem wat vir Judas en Silas na Antiogië gestuur het.

35. Maar Paulus en Barnabas het ’n tyd lank in Antiogië gebly. Daar het hulle saam met baie ander gelowiges vir die mense geleer en hulle het die goeie boodskap van die Here gebring.

36. Ná ’n tyd het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan terug om te kyk hoe dit met die gelowiges gaan in elke stad waar ons die boodskap van die Here gebring het.”

37. Barnabas wou toe vir Johannes ook saamneem. Johannes se ander naam was Markus.

38. Maar Paulus het nie gedink dat dit reg is om Johannes saam met hulle te neem nie, want hy het weggegaan van hulle toe hulle in die provinsie Pamfilië was en hy het nie verder saam met hulle gegaan om die werk te doen nie.

39. Paulus en Barnabas het toe begin stry en hulle het toe weggegaan van mekaar. Barnabas het vir Markus saamgeneem en hulle het met ’n skip na die eiland Siprus geseil.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15