Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:11-20 Bybel vir Almal (ABA)

11. Nee, ons glo dat God ook vir ons red soos Hy die heidene red, omdat die Here Jesus genadig is vir ons.”

12. Al die mense het stilgebly en hulle het geluister na Barnabas en Paulus. Barnabas en Paulus het vir hulle vertel van die tekens en wonderwerke wat God hulle laat doen het tussen die heidene.

13. Toe Barnabas en Paulus klaar gepraat het, het Jakobus gesê: “Vriende, luister na my.

14. Simeon het vir ons vertel hoe God begin het om te wys dat Hy vir die heidene wil sorg. God het dit gewys toe Hy uit die heidene ’n volk geneem het om aan Hom te behoort.

15. Die profete sê ook soos Simeon. Daar is geskryf:

16. “Die Here het gesê: Daar sal ’n tyd kom wanneer Ekdie nageslag van koning Dawidweer sal laat regeer.Hulle is soos ’n huiswat omgeval het,soos ’n muur wat afgebreek is.En dan sal Ek terugkomen Ek sal die huis van Dawidwat omgeval het,weer bou,en Ek sal sy murewat afgebreek is,weer bou.En die huis van Dawid sal weerwees soos hy altyd was.

17. Ek sal dit doen sodatal die ander mensena die Here toe sal komen sodat al die heidenena die Here toe sal kom,Ek het hulle gekies om aanMy te behoort. Die Here wat al hierdie dinge doen,het dit gesê.

18. Hy het dit lank gelede gesê.

19. “Daarom dink ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die heidene wat verander en wat begin lewe soos God wil hê hulle moet lewe nie.

20. Nee, ons moet vir hulle skryf om nie afgod-offervleis te eet nie. Hulle moet ook nie onsedelik lewe nie, hulle moenie iets eet wat verwurg is nie, en hulle moet ook nie bloed eet nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15