Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 10:36-42 Bybel vir Almal (ABA)

36. Julle ken die boodskap wat God vir die Israeliete gestuur het. Jesus Christus het daardie goeie boodskap van vrede vir hulle gebring. En Hý, Jesus, is die Here van almal.

37. Julle weet van die dinge wat gebeur het in die hele Joodse land. Dit het alles in die provinsie Galilea begin toe Johannes die Doper gepreek het oor die doop waarmee hy die mense doop.

38. Julle weet dat God die Heilige Gees in Jesus van Nasaret laat kom het en dat God vir Hom krag gegee het. God was by Jesus, daarom het Jesus na baie plekke gegaan en Hy het goeie dinge gedoen: Hy het almal gesond gemaak wat baie swaar gekry het omdat die duiwel in hulle was.

39. En ons is getuies van alles wat Jesus in die land van die Jode en in Jerusalem gedoen het. Die Jode het vir Jesus aan ’n houtpaal gehang en so het hulle Hom doodgemaak.

40. Maar God het vir Jesus op die derde dag weer laat lewe en God het Jesus vir ons gewys.

41. God het Hom nie vir al die mense van die volk gewys nie, net vir ons, ons wat saam met Jesus geëet en gedrink het nadat Hy gesterf het en nadat God vir Jesus weer laat lewe het. God het ons voor daardie tyd gekies om getuies hiervan te wees.

42. God het ook gesê dat ons vir die volk moet vertel en moet getuig dat God vir Jesus gekies en aangestel het om die Regter te wees. Die Regter moet oordeel oor die mense wat lewe en oor die mense wat klaar gesterf het.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 10