Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 1:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Teofilus, ek het in my eerste boek geskryf oor alles wat Jesus gedoen het en wat Hy vir mense geleer het toe Hy op aarde was,

2. tot die dag toe Jesus na die hemel gegaan het. Jesus het mense gekies om sy apostels te wees, en voordat God Hom na die hemel geneem het, het Jesus vir die apostels gesê wat hulle moet doen wanneer Hy weg is. Die Heilige Gees het vir Jesus gesê wat Hy vir hulle moet sê.

3. Nadat Jesus swaargekry en gesterf het, het Hy vir die apostels gewys dat Hy weer lewe. Hy het baie maal vir hulle bewys dat Hy weer lewe. Hy het 40 dae lank baie maal aan hulle verskyn en vir hulle vertel van God wat Koning is oor almal.

4. Jesus het by die apostels gebly en Hy het vir hulle gesê hulle mag nie weggaan van Jerusalem nie. Hulle moes daar wag totdat alles gebeur het wat die Vader belowe het. Jesus het gesê: “Ek het al klaar vir julle vertel van hierdie belofte.

5. Die belofte is: Johannes die Doper het julle met water gedoop, maar God sal julle met die Heilige Gees doop. Julle sal nie lank moet wag nie.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 1