Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 5:18-26 Bybel vir Almal (ABA)

18. En as die Heilige Gees julle lewens regeer, dan regeer die wette nie meer oor julle nie.

19. Almal weet wat die slegte dinge is wat mense graag doen: Hulle lewe onsedelik, hulle slaap by mense met wie hulle nie getroud is nie, hulle doen wat hulle wil,

20. hulle dien afgode, hulle toor, hulle is vyande van ander mense, hulle haat ander mense, hulle is jaloers, hulle word maklik kwaad, hulle stry met almal, hulle maak mense kwaad vir mekaar, hulle maak mense vyande van mekaar,

21. hulle wil nie hê ander mense moet meer hê as hulleself nie, hulle drink totdat hulle dronk is, hulle hou wilde partytjies, en hulle doen nog meer slegte dinge. Ek het voorheen vir julle gesê en ek sê nou weer: Mense wat hierdie dinge doen, sal nie die ewige lewe kry nie, die lewe by God, die Koning.

22. Maar as die Heilige Gees mense se lewens regeer, dan doen hulle goeie dinge: Hulle is lief vir ander mense, hulle is bly, hulle maak vrede, hulle is geduldig, vriendelik en goed, hulle doen wat hulle belowe,

23. hulle word nie maklik kwaad nie, hulle bly kalm. Die wette sê al hierdie dinge is goed.

24. Ja, die mense wat aan Christus Jesus behoort, het opgehou om slegte dinge te doen, hulle wil dit nie meer doen nie.

25. Die Heilige Gees het die ware lewe vir ons gegee. Daarom moet ons ook vir die Gees vra om ons lewe te regeer.

26. Ons moenie hoogmoedig wees nie en ons moenie mekaar terg en jaloers wees op mekaar nie.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 5