Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 5:7-16 Bybel vir Almal (ABA)

7. Daarom moet julle nie saam met hulle slegte dinge doen nie.

8. Voorheen was julle soos mense wat in die donker lewe, maar nou behoort julle aan die Here en nou is julle in die lig. Daarom moet julle lewe soos mense wat in die lig lewe.

9. Julle moet die dinge doen wat mense doen wat in die lig lewe, julle moet goeie dinge doen, dinge wat reg is, julle moet eerlik wees.

10. Julle moet uitvind waarvan die Here hou en julle moet dit doen.

11. Julle moenie die dinge doen wat die mense doen wat in die donker lewe nie. Hulle doen dinge wat nie goed is nie. Julle moet vir hulle almal sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is.

12. Hulle doen baie slegte dinge in die geheim, dit is so sleg dat ’n mens nie daaroor wil praat nie.

13. Wanneer die lig op daardie dinge skyn, dan wys dit vir almal hoe daardie dinge is.

14. Ja, ’n mens kan sien hoe iets is wanneer die lig daarop skyn. Daarom sing ons:Jy wat slaap,jy moet wakker word,jy moet weer begin lewe.Dan sal Christus’n lig wees vir jou.

15. Daarom moet julle seker wees dat julle reg lewe. Julle moet die regte dinge doen en sê. Julle moenie verkeerde dinge doen en sê nie.

16. Julle moet elke minuut reg gebruik, elke minuut wat julle lewe, want dit is nou die tyd wanneer mense slegte dinge doen.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 5