Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 1:12-17 Bybel vir Almal (ABA)

12. Dit is hoekom ek nou swaarkry. Maar ek is nie skaam daaroor nie, want ek weet in wie ek geglo het en nog altyd glo, en ek is baie seker dat God die krag het om dit wat Hy vir my gegee het, goed op te pas tot op daardie dag wanneer Christus weer kom.

13. Jy het gehoor hoe ek vir mense die regte dinge geleer het. Dit moet vir jou ’n voorbeeld wees hoe jy vir mense moet leer, en jy moet aanhou om in Christus Jesus te glo en om lief te wees vir mense.

14. God het vir jou dinge gegee wat baie goed is, jy moet dit goed oppas. Die Heilige Gees wat in ons woon, sal jou help om dit te doen.

15. Jy weet dat niemand wat van Asië gekom het, my wou help nie, ook nie Figelus en Hermogenes nie.

16. Ek bid dat die Here baie goed sal wees vir die huisgesin van Onesiforus, want hy het baie maal vir my gesê om sterk te wees en nie moedeloos te word nie. Hy was ook nie skaam oor my omdat ek in die tronk was nie.

17. Nee, toe hy in die stad Rome aangekom het, het hy oral vir my gesoek en gesoek, en hy het my gekry!

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 1