Ou Testament

Nuwe Testament

2 Petrus 3:13-18 Bybel vir Almal (ABA)

13. Maar ons wag vir die nuwe hemel en nuwe aarde wat God belowe het, daar sal mense altyd doen wat God wil hê.

14. Daarom, my vriende, terwyl julle wag dat hierdie dinge sal gebeur, moet julle heeltemal reg lewe. Julle moet probeer om nie dinge te doen waaroor julle skaam sal moet wees nie, en julle moet in vrede lewe.

15. Julle moet ook weet dat ons Here geduldig is omdat Hy mense wil red. Hy het vir ons liewe vriend, Paulus, wysheid gegee, en Paulus het ook hierdie dinge vir julle geskryf.

16. Hy het dit ook in al sy briewe geskryf, briewe waarin hy oor hierdie dinge gepraat het. In sy briewe is daar party dinge wat ’n mens moeilik verstaan. Mense wat nog nie alles verstaan wat gelowiges moet weet nie en mense wie se geloof nog nie sterk genoeg is nie, verstaan hierdie moeilike dinge verkeerd. Hulle verstaan die ander boeke van die Bybel ook verkeerd. Omdat hulle dit doen, sal hulle verlore gaan.

17. My vriende, julle weet klaar dat hierdie dinge later sal gebeur. Daarom moet julle baie goed oppas, want daar is mense wat nie gehoorsaam is aan die wette van God nie. Julle moenie dat hulle vir julle ook laat lewe soos hulle lewe nie, want dan sal julle nie meer seker wees van die dinge wat julle glo nie.

18. Nee, julle moet aanhou om meer en meer te glo in die genade van ons Here en Redder, Jesus Christus, en om Hom beter te leer ken. Daarom moet ons Hom prys, nou en vir altyd. Amen.

Lees volledige hoofstuk 2 Petrus 3