Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 6:10-18 Bybel vir Almal (ABA)

10. Dit lyk of ons altyd huil, maar ons is bly. Ons lyk soos mense wat arm is, maar ons maak baie mense ryk by God. Ons lyk soos mense wat niks het nie, maar ons het alles.

11. Liewe Korintiërs, ons het nou reguit gepraat met julle, maar onthou, ons is baie lief vir julle.

12. Julle moenie dink dat ons kwaai en hard is met julle nie. Dit is júlle wat hard is met óns.

13. Ek praat met julle soos ’n pa met sy kinders praat: Julle moet julle harte wyd oopmaak vir ons, ons harte was oop vir julle.

14. Julle moenie vriende maak met ongelowiges nie. Want mense wat doen wat God wil hê en mense wat God se wette breek, mag nie vriende wees nie. Lig en donker kan nie maats wees nie.

15. Christus kan nie met Beliar saamwerk nie. En ’n gelowige mag nie die dinge doen wat ’n ongelowige doen nie.

16. God se tempel en die afgode pas nie bymekaar nie. Want ons is die tempel van God, God wat lewe. God het gesê: Ek sal by hulle woonen tussen hulle lewe,Ek sal hulle God wees,en hulle sal my volk wees.

17. Daarom moet julle weggaanvan hulle en julle moet nikssaam met hulle doen nie,sê die Here,julle moet aan niks raakwat onrein is nie.Dan sal Ek julle aanvaar.

18. Ek sal vir julle ’n Vader wees,en julle sal my seunsen dogters wees.Dit sê die Herewat oor alles regeer.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 6