Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 13:5-11 Bybel vir Almal (ABA)

5. Julle is die mense wat moet seker maak dat julle in Christus glo. Julle moet julleself toets. Julle weet goed dat Jesus Christus in julle harte is. Maar julle moet oppas, miskien slaag julle nie die toets nie.

6. Ek hoop dat julle sal sien dat ek en die ander mense wat saam met my werk, die toets slaag.

7. Maar ons bid tot God dat julle nie iets verkeerd sal doen nie. Want dit is vir my en die ander werkers nie belangrik om reg te wees sodat ons vir julle kan straf nie, dit is vir ons belangrik dat julle die toets moet slaag. Dit maak nie saak as ons lyk soos mense wat nie die toets slaag nie.

8. Maar julle moet weet: Ons kan nie iets doen wat teen die waarheid is nie. Ons kan net iets doen wat saam met die waarheid gaan.

9. Daarom is ons bly wanneer ons swak is en wanneer julle sterk is. Ja, ons bid dat julle heeltemal sal lewe soos God wil hê julle moet lewe.

10. Dit is hoekom ek hierdie dinge skryf terwyl ek nie by julle is nie. Dan sal ek nie kwaai wees wanneer ek weer by julle is nie. Want die Here het gesê ek mag kwaai wees sodat ek die gemeentes kan opbou, nie sodat ek hulle afbreek nie.

11. My vriende, ek wil nog een ding vir julle sê: Julle moet bly wees, julle moet lewe soos die Here wil hê julle moet lewe, julle moet luister wanneer ons vir julle sê wat reg is, julle moet saamwerk met mekaar, julle moet in vrede lewe met mekaar. Dan sal die God van liefde en vrede by julle wees.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 13