Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 10:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek weet julle dink dat wanneer ek by julle is, dan raas ek nie met julle nie, maar wanneer ek weg is, dan is ek kwaai met julle. Nou vra ek, Paulus, baie mooi vir julle, en ek vra dit omdat Christus ’n sagte hart het en omdat Hy goed is.

2. Ek vra: Wanneer ek weer na julle toe kom, dan moet julle nie dinge doen wat my baie kwaai laat word nie. Want ek sal kwaai wees met die mense wat dink dat ons soos wêreldse mense lewe.

3. Ja, ons lewe op die aarde, maar wanneer ons veg teen die duiwel, dan doen ons dit nie soos wêreldse mense nie.

4. Nee, ons veg met wapens, maar dit is nie wapens van die wêreld nie. Hierdie wapens het baie krag omdat dit God se wapens is, ons kan die vyand se sterk mure afbreek met daardie wapens. Ons breek die vyand se slim woorde af.

5. Mense dink dinge wat keer sodat hulle nie vir God kan leer ken nie, en hulle is trots wanneer hulle so dink. Maar ons breek alles af wat hulle dink. Ja, ons maak gevangenes van alles wat mense dink sodat die mense gehoorsaam kan wees aan Christus.

6. Ons wil almal straf wat nie gehoorsaam is aan Christus nie. Maar ons sal dit eers doen wanneer julle heeltemal gehoorsaam is aan Christus.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 10