Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 1:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. God het besluit om vir my, Paulus, ’n apostel van Christus Jesus te maak. Ek en Timoteus, wat ook ’n gelowige is, skryf nou hierdie brief vir julle, die gemeente van God daar in die stad Korinte. Ons skryf ook vir almal wat aan God behoort, oral in die provinsie Agaje.

2. Ons bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee.

3. Almal moet vir God, die Vader van ons Here Jesus Christus, prys. God is die Vader wat baie goed is vir ons en Hy is die God wat altyd vir ons bemoedig.

4. Hy bemoedig ons wanneer ons swaarkry, dit maak nie saak wat die swaarkry is nie. Dan kan ons ook ander mense bemoedig wat swaarkry, dit maak nie saak wat hulle swaarkry is nie. Ons kan dit doen omdat God vir ons bemoedig.

5. Ja, ons kry baie maal swaar omdat ons aan Christus behoort. Maar so bemoedig God ook baie maal vir ons omdat ons aan Christus behoort.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 1