Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 5:15-25 Bybel vir Almal (ABA)

15. Party weduwees het klaar begin doen wat die Satan wil hê.

16. As ’n vrou wat in Christus glo, weduwees in haar familie het, dan moet sy vir hulle sorg. Sy moenie dink dat die gemeente vir daardie weduwees moet sorg nie. Die gemeente kan dan sorg vir die weduwees wat nie familie het nie.

17. Daar is ouderlinge wat goeie leiers is. Die gelowiges moet hulle respekteer en beloon, spesiaal die ouderlinge wat baie hard werk en preek en vir die mense leer.

18. Want in die Ou Testament is geskryf: “Jy mag nie ’n bees se bek toebind wanneer hy op die dorsvloer werk nie.”En daar is ook geskryf: Wanneer iemand werk,dan moet jy hom beloon.

19. Julle moenie luister na iemand wat sê dat ’n ouderling verkeerde dinge gedoen het nie, maar wanneer daar twee of drie getuies is, dan moet julle na so iemand luister.

20. Wanneer ouderlinge aanhou om sonde te doen, dan moet jy voor die hele gemeente sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. Jy moet dit doen sodat die ander ouderlinge ook bang kan word.

21. Ek waarsku jou ernstig. God en Christus Jesus en God se engele wat Hy gekies het om Hom te dien, hoor wat ek sê: Wanneer jy met die gemeente oor hierdie dinge praat, dan moet jy nie voor die tyd besluit wie is reg en wie is verkeerd nie, jy moet ook nie besluit om een persoon meer te help as ’n ander persoon nie.

22. Jy moenie te gou besluit om iemand te kies om ’n ouderling te wees en om jou hande op hom te sit nie, want as hy miskien sonde gedoen het, dan sal God vir jou ook straf saam met hom. Jy self moet heeltemal reg lewe.

23. Jy moenie aanhou om net water te drink nie. Jy moet ook ’n bietjie wyn drink vir jou maag, want jy is baie maal siek.

24. ’n Mens kan party mense se sondes maklik sien, jy weet dat God hulle sal oordeel. Maar ander mense se sondes sien jy later.

25. So kan ’n mens ook baie maklik sien dat party mense goeie dinge doen. En as ’n mens dit nie nou kan sien nie, dan sal jy dit later sien.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 5